Ons visie is om die Koninkryk van God te vestig in Graskop. "God's Window", 'n gewilde en bekende landmerk is naby Graskop geleë en bied 'n ongelooflike uitsig op die Laeveld. Ons visie is dat Graskop ook 'n venster kan wees van die Koninkryk van God. 'n Uitsig op hoe die wêreld en ons mense kan wees wanneer ons die heerskappy van God vestig.
Missie
Verheerlik God deur liefde, vergifnis, versoening, en geregtigheid
Ons doelwitte om ons visie te bereik is deur die verkondiging van liefde, vergifnis, versoening en geregtigheid.